Siener van Rensburg voorspellings vir Blanke toekoms

Hoekom, wat voorspel Siener, dieper in Siener se brein vir 2013. Wat gaan gebeur? Waar het dit begin. Kom ons kyk wat het gebeur en daardie groot vraag, hoekom? Hoekom voorspellings?

 

Siener het in die Anglo-Boere oorlog baie voorspellings gemaak. Een was in die oorlog waar Siener vir die Boere voorspel het om nie die rivier op ‘n sekere plek oor te steek nie maar om ‘n oppad te vat na waar die rivier wel oorgesteek kon word. Die Engelse het egter wel die rivier probeer oorsteek en het weggespoel. Die Boere kon lekker lag vir die een. Maar hoekom?

Die Here, God het eers dat die ander Boere en Generaals vertroue kry in Siener. So sou Siener respekteer word en nie bloot nog een wees wat nonsens praat oor die toekoms nie. Eenkeer was ook nie voldoende nie omdat dit afgemaak kon word as bloot geluk.

Siener van Rensburg voorspel vir Blankes

 

Siener het baie voorspellings gemaak maar die 3 wat ek nou wil uitsonder is;
1) Dat swartes die land sal oorneem, 2) Dat die land vol teerpaaie sou wees en 3) Dat die Nasionale party eers klein sou word in die Kaap en dan sal vergaan.

Het Pres. FW de Klerk die volk uitverkoop? PW Botha het met alle mag geveg en al die geld in die weermag geplaas. Die swartes se oormag was te groot en enige persoon met normale verstand kon insien dat daar geen toekoms is op die oorlogs pad nie. Vandag is daar 4 miljoen Blankes wat nie die mag kon handhaaf oor die groeiende 50 miljoen inwoners nie. Dan het die oorlog ook verskuif van die grense na die binneland. Dit was katastrofies en kon nie geduld word nie.

Een van die vrae van die oud Konserwatiewe party was; waarom kan daar nie ‘n volkstaat uitgehou word nie? Om die vraag beter te verstaan kan ons vinnig kyk na Israel.

Israel het vergaan in oorlog na oorlog en tydens die tweede wereld oorlog was die Jode by die miljoene uitgewis. Die VSA het hulle gehelp om weer ‘n Israel, ‘n Vaderland of toevlugsoord te kry. Nou kan die Boere vra maar waar is ons sin?

Die volkstaat sou wees as ‘n strook van Kaapstad oor Bloemfontein oor Johannesburg en voorstede tot by Pretoria. Dan weer ‘n strook vanaf Bloemfontein na Durban. Daar was baie probleme maar kom ons kyk daarna uit Siener se voorspellings en grawe ons dieper in die saak.

Suid Afrika het nog nie bestaan tydens die oorlog nie en Siener het vir die Boere Republieke voorspel. Dus was die hele Engelse Kaap en Engelse Natal uitgesluit. Siener het na die oorlog ook voorspel maar ons moet onthou wat sy verwysings raamwerk was. Dan ook het Siener voorspel dat die Vrystaat en Transvaal onder swartes sou verval. Dus as dit nie gebeur het nie sou dit beteken dat Siener lieg en dus sou God lieg of sou God nie kon voorspel nie. Dit beteken eenvoudig dat dit moes verloop soos tans. Wat nou verder?

Een van die probleme was dat die grense van die staat te groot was om te verdedig. Die ander probleem was dat die sogenaamde volkstaat deur die meerderheid swartes oorheers is. So was die stede Bloemfontein, Johannesburg en voorstede asook Pretoria as swart woon gebiede vereis en was deur die swartes as on-verhandelbaar beskou. Dus kon geen vrede samesprekings voortgaan as die mega stede deur ‘n blanke geldmag beheer sou word nie.

Dit bring ons na die dilemma dat die Boere die grootste ekonomie moes afstaan en dus nie oorleefbaar sou wees nie. Maar Siener het die antwoorde. Jy moet eers insien dat God se wysheid is baie groter as duisende mense. So Siener kon vir die Boere hoop gee: Die vierkleur sal weer wapper, die Boere sal weer oor hulself regeer. Nou hoe nou gemaak?

God gaan ‘n streek gee in die Vrystaat en Transvaal wat deur blanke Boere oorheers sal word. Let op dat die goudstad (JHB) se ekonomiese waarde gaan verval tot bykans niks. Goud se waarde gaan daal en die groot stad se bestuur sal verval tot wanorde en wanhoop. Dit het reeds sterk gevorder en min mense twyfel nog daaraan. Suid Afrika gaan nie meer die sterkste in Afrika wees nie. Die onderwys het geval tot van die swakstes en dus val die “nuwe” SA se toekoms ook met spoed. Siener het voorspel dat die Boere gaan swaar kry onder diefstal en moorde, maar veral leierloos sal wees. Dan is daar ook die magtige Engeland wat gaan verswak ten opsigte van byvoorbeeld die VSA en Duitsland.

Engeland was seker die grootste wereld mag in die jaar 1900. Vandag is Duitsland weer sterk om nie eers te praat van die VSA nie. Die mense stem vir die ou engelse party die DA. Siener sou dit sien as volks verraad, joiners en wat nog. Die regse partye het geval tot minder as 10% van die blankes. As jy luister na die lied ”de la Ray sal jy die Boere kom lei” kan jy maar net afvra of die Boere tans leierloos is of nie. Siener het dit alles voorspel.

Nou kan ons verder gaan met die volkstaat. Ek noem dit ook die ontwikkelings streek. Hoekom? Jy sien in Siener se voorspellings gaan dit nie oor minerale soos goud nie maar oor produksie met groot fabrieke. Produksie eerstens met kos want almal moet eet. As jy nie kos kan produseer moet jy al jou rykdom weggee om te oorleef. Dan is die rykdom nie in minerale maar in produksie van items wat die wereld benodig. Laastens in produksie van items wat die wereld wil verkry om lekker te lewe soos motors en energie.

So wat vertel ek jou vandag? Die toekoms is in God se hande en nie in mense sin nie. Dan gaan dit oor ander items wat in die toekoms gaan verhandel en nie in die bestaande nie. Kom ek gebruik voorbeelde om te verduidelik.

Toe Siener voorspel het was daar nie motors, selfone en rekenaars nie. Daar was nie petrol en diesel en die land was nie vol paaie nie. Nou moet ons vra, wat gaan die wereld in die volgende 20 tot 50 jaar benodig?

As ons dus vashaak by die hede, die bestaande JHB, Pretoria of Bloemfontein. Ons bestaande fabrieke en myne dan gaan jy die pot mis sit. Kaboem. Finish en klaar. Is dit nie waar ons reeds is nie en is dit nie waar dat die bestaande regering nie die visie het om hoogs tegnologies te laat ontwikkel nie? Hulle kan dit nie doen nie.

Kom ons kyk nou na die pad van vrede, heil en toekoms. Batterye gaan eenvoudig meer ontwikkel in jou huis, selfoon, rekenaar, motors en bakkies. Dus bou ‘n moderne fabriek. Motors gaan nie meer op paaie ry nie maar gaan vlieg. Beplan dus daarvoor. Energie gaan skaarsers en skaarser raak. Ontwikkel dus daaromtrent. Motors moet meer ekonomies wees. Dus is daar nuwe tegnologie nodig en dus nuwe fabrieke. Kry jy die idee?

Jy moet weet waar jy vandaan kom so gaan lees die e-boek “Die Skepping” Gaan soek dit op google en lees dit. Jy moet weet waar ons vandag is, so gaan lees bietjie “Die Skepping se Gees” As jy dan wil weet oor die gelofte volk se toekoms gaan kyk na die SAAI Stigting en neem deel.

gaan kyk hier: http://www.affiliatebank.net/jem/products/details/9/SAAI-Stigting

#######################################

Leave a Reply